SUIDERKRUIS-GEMEENTE
OGGENDDIENS: 3 Mei 2009
TEMA: Gaan uit!
LITURGIE
(MG=musiekgroep, TS=tegniese span)
WIE |
WAT |
DETAIL |
T/S |
|
Vooraf musiek & afkondigings |
wel2009c / clock ni bottel |
|
MG |
5 minute vooraf |
|
|
Liturg |
Welkom & groet |
|
wel2009c |
Liturg |
Gebed |
|
stilgebed |
Liturg |
Oproep tot lof |
Varkgriep / nuwe regering / ekonomie... Psalm 3 |
z102 |
MG |
Lof |
F84 - My God is so groot LB190 - Grote God aan U die eer LB553 - Ek is bly ek ken vir Jesus F46 - Ek weet, ek weet verseker |
f84 LB190 sit LB553 F46 |
Liturg |
Oproep tot aanbidding |
Gaan julle... |
z103 |
MG |
Aanbidding |
F39 - Ek wil kom stil word CC753 - Give thanks F87 - Maak my nou stil, Heer |
F39 CC753 F87 |
|
|
Record aan |
Klank: Record |
Ouderling |
Voorbidding |
|
Stilgebed |
Liturg |
Skriflesing |
Mat 20:29-34 Luk 4:14-22, Mat 12:15-21 |
Skrif |
Liturg |
Preek |
Kom uit! (Tronke2.swf in preek ingesluit) |
Preek (klank 12uur) |
Liturg |
Gebed |
|
Stilgebed |
|
|
Record af |
Klank: Stop Record |
Diakens |
Offergawe |
Afkondings op bord |
Dankoffers |
Liturg |
Afkondigings |
|
|
MG |
Lied |
F154 - Laat ons skyn vir Jesus F154 in D |
F154 |
Liturg |
Seën |
Gaan leef ‘n nuwe lewe - Wet as rigsnoer |
1354 |
My hande hef ek op na U F206.pdf Wat is oorvloed?z101
Hoof van die huis
'n Man wat voel hy het sy plek as die hoof van sy huis verloor het, gaan koop vir hom een van daardie selfhelpboeke met die titel "Die Hoof van jou huis". Na hy die boek gelees het, stap hy vol vertroue by die sitkamer in.
"Vrou, van nou af is ek die hoof van hierdie huis", vertel hy haar terwyl sy sit en Egoli kyk. "Jy gaan nou opstaan en vir ons 'n lekker maaltyd voorberei, na ete gaan jy die skottelgoed was en vir my 'n lekker warm bad intap. As ek uit die bad uitklim verwag ek my nagklere klaar uitgesit op die bed en die bed mooi netjies skoon oorgetrek. Môre-oggend as ek opstaan, soek ek my ontbyt en as ek klaar geëet het, raai wie gaan my klere aantrek en my hare vir my kam?"
Sy kyk ongeërg op en sê: "Die mense van AVBOB?"
Preekskets
Tronke...
Wie van julle was al in ‘n tronk (uitstappie / iemand besoek?)
Ek het al verskeie kere iemand besoek in die tronk.
• Hoë sekuriteitsdrade
• Wagte by die hek
• Dik mure en klein vensters
• Tralies voor die vensters
• Sekuriteitskameras oral
Besef: Hier kom jy nie sommer uit nie!
Tronke...
• Mamelodi
• Robbeneiland
• Utah
• Fremantle, Australië
• Viëtnam
• Hohenasperg, Duitsland
• Tronk op oorlogskip
• Narrenturm, Vienna
Daar is baie ander tronke
• armoede • depressie • bitterheid • drank |
• haat • sonde • siekte |
Mat 20:29-34
In hierdie gedeelte gaan dit oor twee blinde mans...
Maak julle oë toe...
Dis donker, ne...
Wat sien julle?
Hou julle oë toe en vat julle Bybels...
Maak julle Bybel oop by Jesaja 1...
Dis moeilik, ne.
Dis die lewe wat hierdie twee mans geleef het.
Dis die tronk waarin hulle gesit het...
• Hoë heining
• Dik mure
• Klein vensters
• Sekuriteitswagte
• Donker selletjie
'n Begeerte om bevry te word
"Here, Seun van Dawid, ontferm U tog oor ons!"
Wêreld sien mense in tronke nie raak
“Toe hulle uit Jerigo uitgaan, het ‘n groot menigte Jesus gevolg...Die mense het met hulle geraas en gesê hulle moet stilbly”
'n God wat omgee
"Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?"
“Jesus het hulle innig jammer gekry en hulle oë aangeraak”
'n God wat die mag het om te bevry
“Dadelik kon hulle sien”
Hoe lyk jou tronk?
Die Gees van die Here is op my om
• Goeie nuus aan armes te preek
• Die wat gebroke van hart is te genees
• Vrylating van gevangenes aan te kondig
• Gesig van die blindes te herstel
• Die wat verdruk word te bevry
• Jubeljaar aan te kondig