SUIDERKRUIS-GEMEENTE
AANDDIENS: 14 JUNIE 2009
TEMA: GROOT GESKENKE
LITURGIE
(MG=musiekgroep, TS=tegniese span)
WIE |
WAT |
DETAIL |
T/S |
|
Vooraf musiek & afkondigings |
|
Welkom Afkondig |
MG |
5 minute vooraf |
|
|
Liturg |
Welkom & groet |
|
welkom |
Liturg |
Gebed |
|
stilgebed |
Liturg |
Oproep tot lof |
|
Z25 |
MG |
Lof |
Dankie vir die more JR78 Dankie Heer JR77 Dankie vir hierdie skone more CC699 |
jr78:1,2 jr77:1 (2x) cc699:1-4 |
Liturg |
Oproep tot aanbidding |
1 Tim 1:14 Ons Here het my oorlaai met sy genade en met geloof en liefde wat ons deel is in Christus Jesus. |
Z26 |
MG |
Aanbidding |
Dankoffers CC683 Blessing and honour. . . . . . . . . . . . . . . . . .CC663 |
cc683:1,r cc663:1,1,r,r,1,1 |
|
|
Record aan |
Klank: Record |
Ouderling |
Voorbidding |
|
1365 |
Liturg |
Skriflesing |
Hos 2:7 Sy wou nie erken dat dit Ek is wat vir haar koring en wyn en olie en baie geld gee nie, geld wat sy in elk geval vir Baäl gebruik het. 8 Daarom gaan Ek die koring en wyn wat sy by My kry, terughou in die oestyd. Ek gaan ook die wol en die vlas terugvat wat Ek haar gegee het om haar naaktheid te bedek. |
1310 |
Liturg |
Preek |
Groot persente! |
1365 |
Liturg |
Gebed |
|
|
|
|
Record af |
Klank: Stop Record |
Diakens |
Offergawe |
Afkondings op bord |
1471 |
Liturg |
Afkondigings |
|
basaar / vleis |
MG |
Lied |
Met die skemer daal die vrede |
jr20:1-3 |
Liturg |
Seën |
|
|
Preekskets
INLEIDEND
Klein kinders se verjaardag.
Die Calitze is toe nou hier af na Pretoria toe:
Oupas en oumas bly daar
Die ooms en die tannies
Die nefies en die niggies.
Uiteindelik was dit Sondag: Emile se verjaardag.
Na ete het ons ‘n kinderpartytjie gehou.
[ Na ons boring grootmensete ]
-Springkasteel.
-Glybaan.
-Hoedjies
-Fluitjies
-Balonne
-Lekkergoed
-Almal se favourite: Dirkies
En toe is dit tyd vir die persente:
Ouma het ‘n kleurryke fietsie gekoop.
Oupa en ouma het ‘n kleistel gekoop.
Ooms en tannies het lorries en karretjies gekoop.
Elke speelding: spesiaal uitgesoek vir Emile.
U kan raai wat dit gekos het.
En ‘n week later:
Ek wonder of Emile al ‘n uur gespeel het met al die speelgoed.
Dit lyk baie mooi.
Dit kos ‘n klomp geld.
En hy is baie trots: want dis alles syne.
Maar dit lê net daar.
Waarmee speel hy dan?
Met die egglifter...
Met die skêr...
Met die radio se afstandbeheer...
Met die besem....
Klink dit bekend?
Ja, so baie persente - en dan speel hy met die ander goed.
ONTKNOPING
Is dit nie die kern van ons probleem in ons eie lewens nie?
So baie mooi dinge by die Here gekry, en dan speel ons met die ander goed.
Die veelkleurigste fietse
-kantwielietjies
-reflektors
-Maar dan ry ons op die stoele.
TOEPASLIKE UITLEG
Watter geskenke het die Here vir ons gegee?
1. EERSTE GESKENK: ‘N VERSTANDIGE VROU
Spr 19:14 Van sy ouers kan iemand ’n huis en besittings erf, maar ’n verstandige vrou is ’n geskenk van die Here.
Onthou u nog vir Adam?
Stoksiel-alleen in die mooiste tuin wat daar is.
En dan bring die Here vir Hom ‘n perent:
Adam! Adam! Word wakker! Ek het iets vir jou!
Adam, maak oop! Maak oop!
Kyk wat is dit.
En toe hy oopmaak?
Toe is dit die mooiste persent wat die Here vir hom kon gee.
‘N Helper.
‘N Gelyke.
Sy eie vrou - en dit is net syne!
Wat doen jy met jou geskenk?
-Speel jy met dit?
-Geniet jy dit?
-Nog opgewonde daaroor?
Iemand skryf eenmaal vir dr Murray Janson:
“Dominee, ek is baie gelukkig getroud met ‘n wonderlike vrou. Ons het 3 pragtige kinders. Dominee, ek het ‘n probleem. Ek het ‘n verhouding ontwikkel met ‘n dame by die werk. Wat moet ek doen?
Die Bybelse antwoord is baie duidelik:
Spr 5:18 “Sing die lof van jou eie fontein”
Spr 5:19 “...geniet haar liefkosings voluit, laat dit jou deurentyd bedwelm...”
My maat, ‘n christen kan ook bedwelm wees.
-Nie met drank nie
-Nie met extacy nie
Met sy eie huweliksmaat se liefde.
Spr 5:20 “Waarom sou jy jou laat bedwelm deur ‘n slegte vrou?”
Dis God se geskenk aan jou.
Gebruik dit!
Geniet dit!
Pas dit op!
2. TWEEDE GESKENK: KINDERS
127 3 Seuns is geskenke van die Here, kinders word deur Hom gegee. 4 Soos pyle in die hand van ’n krygsman, so is seuns wat gebore is toe hulle vader nog jonk was.
GEN 30:19 Lea het weer swanger geword en ’n sesde seun vir Jakob in die wêreld gebring. 20 Toe sê sy: “God het hierdie keer ’n mooi geskenk aan my gegee.
[ Lees weer ]
-sesde seun: mooi geskenk
Ek bewonder vir Lea:
Daar was nie epidurale keisers nie.
Ook nie spinale keisers nie.
Om die waarheid te sê: nie eers dokters nie.
Elke babatjie moes op die harde manier in die wêreld gekom het.
En wanneer die sesde een gebore word..
...dan roep sy nog steeds uit: Dis ‘n mooi geskenk van God!
Kinders is geskenke van die Here
Riaan & Melanie kan dit bevestig
5 jaar gewag vir ‘n tweede kind
Ander opsies begin oorweeg
Ons het saam gebid vir ‘n antwoord.
En toe suprize die Here hulle.
Toe gee die Here vir hulle ‘n seuntjie.
Ons kinders is geskenke van die Here af.
-Daai beplande enetjie vir wie ons vyf jaar gewag het.
-Maar ook daai onbeplande enetjie
-Die nalatige lammetjie.
-En wat van daai ongewensde enetjie?
Toe ons oor die tou getrap het.
Hy is ook ‘n geskenk van die Here.
Ons leef in ‘n tyd van...
...aborsies
...ongewensde swangerskappe
...kindermolestering
...kinderverwaarlosing
...straatkinders
Ja, oral lê God se lieflike persente rond.
Selfs in ons strate van Potchefstroom.
In ons winkelsentrums
In ons speletjie-winkels.
Lieflike geskenke...
...deur God self uitgesoek
...en toegedraai
Maar niemand speel daamee nie.
Geniet jy nog jou geskenk?
Gefassineer?
Meegevoer?
In die wolke?
Of speel jy eerder met die egglifters?
[ Morley p 105: “Die gawe van ‘n kind” ]
3. DERDE GESKENK: GESONDHEID
Een van ons grootste geskenke is ons gesondheid.
Psalm 139 beskryf hoe God besig is om hierdie geskenk voor te berei.
-Hy maak dit self.
-En hy draai dit toe in die mooiste papier wat daar is.
Paulus beskryf hierdie persent as ‘n tempel.
Die mooiste gebou waaraan hy kon gedink het.
Die mooiste persent waaraan ‘n mens kan dink.
Wat doen ons met hierdie persent?
Ons sit dit daar eenkant neer.
En ons en ons gaan speel met die skêr.
Rook
Drankmisbruik
Ongesond leef
Sakke en sakke sweats
So gedagte vir die tieners:
Dit lyk heavy om te rook
Niemand kan jou keer nie
Dis jou geld!
Dis jou longe!
En dit help om die vetjies bietjie af te bring.
Ek wil net vandag vir jou herinner aan God se geskenk.
Die mooiste persent wat daar is.
‘N Mooi liggaam.
Wat groot hoogtepunte kan bereik.
Meeste van die meisies gaan eendag met daai liggaam ‘n babatjie dra.
En hom aan jou laat drink.
Wat maak jy met God se mooiste persent?
Hy gee dit net een maal.
As hy breek, dan breek hy.
Gaan jy dit oppas?
Gaan jy dit geniet?
Of wil jy eerder met die skêr of die egglifter speel?
Een of ander tyd gaan jy seerkry.
4. ANDER GESKENKE
En so sou ons kon voortgaan: Daar is baie, baie persente.
Num 18: 6 Ek het julle Levitiese ampsgenote uit die Israeliete afgesonder as my geskenk aan julle. Hulle behoort aan My vir die werk by die tent van ontmoeting. 7 Maar net jy en jou seuns mag as priesters diens doen en al die werk by die altaar en agter die voorhangsel verrig. Dat julle die priesterskap mag beklee, is ’n geskenk van My aan julle.
Ps 135: 12 Hy het hulle land as geskenk aan Israel gegee, as geskenk aan sy volk.
Esra 6: 22 Hulle het die fees van die ongesuurde brood sewe dae met vreugde gevier. Die Here het hulle dié vreugde geskenk toe Hy die gesindheid van die koning van Assirië teenoor hulle verander het, en dié hulle hande gesterk het in die werk aan die tempel van die God van Israel.
5. DIE GROOTSTE GESKENK
2000 jaar gelede het God die heel grootste persent gegee.
Hy het Sy eie Seun gevat.
En Hom in doeke toegedraai.
En Hom hier tussen ons kom neersit.
Daar is ‘n liedjie wat vra:
“Wat gaan jy doen met Jesus?”
Is jy opgewonde?
Is dit die grootste persent wat jy ooit gekry het?
Het dit jou hele lewe verander?
Die manier hoe jy speel?
Die dinge waarmee jy speel?
Die tyd wat jy daaraan spandeer?
Of lê Hy vandag tussen al die ou karretjies en speelgoed in jou kamer.
Vergete
Verwaarloos
Eenkant gesit
En intussen speel jy met die al die remotes
...en die egglifters
...en die skêre
...en die besems
SLOT
Wat doen jy met jou persente?
Hoeveel vreugde kry jy daaruit?
Is jy opgewonde soos ‘n seuntjie van twee?
Maak jou oë toe net daar waar jy sit.
Dink vir ‘n oomblik aan al die persente wat die Here vir jou gegee het...
...jou huweliksmaat
...jou kinders
...jou gesondheid
...jou beroep
Dink nou aan die grootste persent: Jesus Christus
Wat doen jy met jou persente?
TEKSTE:
Ps 23: 5 U laat my by ’n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos ’n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. 6 U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.
Luk 1:50 Hy bewys ontferming van geslag tot geslag aan dié wat Hom eer. 51 Kragtige dade het Hy met sy arm verrig: hoogmoediges in hulle eiewaan het Hy uitmekaargejaag; 52 maghebbers het Hy van trone afgeruk en geringes verhoog; 53 behoeftiges het Hy oorlaai met goeie gawes en rykes met leë hande weggestuur.
Hos 2 Kla julle moeder aan, kla haar aan! Sy is nie meer my vrou nie, Ek is nie meer haar man nie. Sy moet ophou om ontrou te wees en sy moenie meer owerspel pleeg nie, 2 anders trek Ek haar kaal uit en maak haar so weerloos soos op haar geboortedag. Ek sal haar soos ’n woestyn maak, soos ’n dor land, en sy sal van dors doodgaan. 3 Ek sal My nie oor haar eerste kinders ontferm nie, want hulle is buite-egtelike kinders. 4 Hulle moeder was ’n prostituut, sy het swanger geword omdat sy haar skandelik gedra het. Sy het bly sê: “Ek gaan na my minnaars toe. Dit is húlle wat sorg dat ek brood en water, wol en vlas, olie en drank het.”
5 Daarom gaan Ek haar pad versper met doringtakke en haar afkamp sodat sy nie haar planne kan uitvoer nie, 6 en as sy dan haar minnaars probeer opsoek en hulle nie raakloop nie, hulle soek en nie kry nie, sal sy dalk sê: “Ek sal na my eie man toe teruggaan, want ek was by hom beter versorg as nou.” 7 Sy wou nie erken dat dit Ek is wat vir haar koring en wyn en olie en baie geld gee nie, geld wat sy in elk geval vir Baäl gebruik het. 8 Daarom gaan Ek die koring en wyn wat sy by My kry, terughou in die oestyd. Ek gaan ook die wol en die vlas terugvat wat Ek haar gegee het om haar naaktheid te bedek. 9 Ek gaan haar nou kaal uittrek voor die oë van haar minnaars. Nie een sal haar kan help nie. 10 Ek gaan ’n einde maak aan al haar feesvreugde, haar huttefeeste, haar nuwemaansfeeste en haar sabbatsfeeste, al haar feeste. 11 Ek gaan haar wingerde en haar vyebome verwoes, die dinge waarvan sy sê: “Dit is my beloning wat my minnaars my gee vir my dienste.” Ek gaan dit ’n boskasie maak en die wilde diere sal dit opvreet. 12 Ek gaan haar laat boet vir al die kere dat sy die Baäls gedien het en vir hulle geoffer het, vir al die kere dat sy haar uitgedos het met ringe en versiersels en agter haar minnaars aangeloop het en My vergeet het, sê die Here.