SUIDERKRUIS-GEMEENTE

OGGENDDIENS: 7 JUNIE 2009

TEMA: ONS LEWE OP GOD SE AARDE

LITURGIE

(MG=musiekgroep, TS=tegniese span)

WIE

WAT

DETAIL

T/S


 

Vooraf musiek

& afkondigings

 

welkom2

bottel

ni

bounty

basaar

vleis

MG

5 minute vooraf

 

z20

Liturg

Welkom & groet

Ekologie is afgelei van die Griekse oikos wat ‘huis’ of ‘tuiste’ beteken en logos wat ‘kennis’ beteken.

Z21

Liturg

Gebed

 

z21

Liturg

Oproep tot lof

Mooi natuur

z22

MG

Lof

Hy laat die sterre skitter. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .CC790

Ons loof U vir al U handewerke. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . JR13

As ek in die aand na die sterre kyk. . . . . . . . . . . . . . . . . . . CC628

Grote God, u skepperhand. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .LB192

cc790:1,r,2,r,3,r

JR13: 1,r,2,r,3,r

CC6281,r,2,r

LB192:1-2

Liturg

Oproep tot aanbidding

Die voorkoms van natuurrampe wêreldwyd het die afgelope twee dekades viervoudig toegeneem van gemiddeld 120 per jaar tot soveel as 500 in 2007. Dít blyk uit ’n verslag wat deur die invloedryke hulplenigingsorganisasie Oxfam uitgereik is. Die aantal mense wat hierdeur geraak is, het met byna 50% van 174 miljoen in die middel jare tagtig tot 254 miljoen per jaar tussen 1994 en 2004 toegeneem. (Beeld van 26 November 2007)

z23

 

 

O Heer my God. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .LB464

LB464:1,2,r,3,r

 

 

Die Wêreld Metereologiese Organisasie (WMO) het die naweek in ’n verklaring gesê die konsentrasie koolstofdioksied (CO2) in die aarde se atmosfeer was verlede jaar die hoogste in menseheugenis. Dít het die klimaatsverandering baie versnel, het die WMO gesê. Die CO2-vlakke wat verlede jaar bereik is, verteenwoordig ’n styging van 36% vergeleke met die middel van die agttiende eeu – voordat die nywerheidsomwenteling begin het (einde van berig in Beeld).


In ‘n artikel, Global Warming (Jan. 2005), haal Bernard Reeves van Londen die Daily Telegraph soos volg aan: “Die aarde se atmosfeer is só besoedel dat die planeet besig is om te sterf.”


Daarby moet ons nie vergeet van die grondoorsaak van hierdie klimaatveranderings nie. Dit is die menslike begeerte na meer en beter. Ons wil opklim na die hoogs moontlike vlak van “beskawing”: vinnige nuwe luukse motors vir almal in die gesin, elektriese apparate vir enige taak in die huis, in die tuin en by die werk, verkoeling in die somer en verwarming in die winter, warm water enige tyd van die dag en nag, ligte wat die nag omskep in dag, ens. Ons kyk na lande soos die VSA, Europa en Japan, en almal wil graag op dieselfde vlak van ontwikkeling leef. Begeerte. (Hans Moes, kOMPAS)

z24

 

 

As ons na ons eie land kyk, is alreeds 2527 (12%) van

Suid-Afrika se plante, 102 (14%) van sy voëls, 72 (24%) van sy reptiele, 90 (37%) van sy soogdiere en 22% van sy skoenlappers gelys as bedreig in die Suid-Afrikaanse Rooidata-lys, . lys wat die bewaringstatus van bedreigde spesies aandui.

z25




 

 

Vader ons ween. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . CC1056

CC1056:1,2

 

  

Rob Edwards, omgewingsredakteur van die Sunday Herald, berig dat die Antarktiese yslaag as gevolg van aardverwarming vinniger smelt as wat vroeër gemeen is. Die gevolge hiervan kan rampspoedig wees, erger as enigiets wat wetenskaplikes tot dusver voorspel het.

Die Antarktiese yslaag bevat 30 miljoen biljoen ton ys, wat vier keer meer as al die vars water in die hele res van die wêreld is. Slegs ‘n gedeelte hiervan hoef te smelt om ‘n ramp te veroorsaak.

Daar is bewyse gevind dat die yslaag wat die skiereiland

wes van Antarktika (die Suidpool) bedek, as gevolg van klimaatsverandering begin smelt. Byna 90% van die gletsers is besig om kleiner te word en gemiddeld 50 meter per jaar terug te krimp. Dit is egter nie net in Antarktika waar die ys begin smelt nie. Die yslaag wat Groenland bedek, kan ná ‘n temperatuurstyging van net 2.7̊C begin smelt. Dit kan die seev lak met ‘n verdere vyf meter laat styg en miljoene mense uit kusstede verdryf.

Die totale Arktiese gebied (die Noordpool) ervaar ‘n soortgelyke proses van verwarming. Die 2005 seisoen het die warmste somer in 400 jaar opgelewer. Volgens ‘n NASA-verslag het die yslaag op die Noordpool sedert 1978 met byna 30% gekrimp. Op satellietfoto’s is dit ook duidelik dat die ys nou vinniger smelt. Volgens wetenskaplikes kan die Arktiese gebied in ‘n vernietigende proses van aardverwarming vasgevang raak. Soos wat die ys smelt, is daar minder van die wit oppervlakte wat

die son se strale terug na die ruimte weerkaats. Die donker oseaan absorbeer meer van die son se hitte, en dit versnel die smelt van die ys.

Z26

MG

Aanbidding

Here, God almagtig. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . CC778

cc778:1,r,2,r

Ouderling

Voorbidding

 

z20

Liturg

Skriflesing

Verskeie

1310

Liturg

Preek

Ons lewe op God se aarde

Preek

Almal

Toewyding

 

z20

Liturg

Gebed

 

z20

Diakens

Offergawe

Afkondings op bord

 

Liturg

Afkondigings

 

 

MG

Lied

Op berge en in dale. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .LB509

LB509:1-4

Liturg

Seën 

 

z20

 

Uitstaplied

What a lovely name. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . CC1072

CC1072













Preekskets


GOD SKEP ALLES - DIT BEHOORT AAN HOM


Psa 50:10 want al die diere in die bos is Myne, die wild op duisende berge.


GOD SORG VIR ALLES


Mat 6:26 Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle.


Job: Hy gee die kraaie kos...


Deu 11:12 Dit is ‘n land waarvoor die Here jou God sorg: van nuwejaarsdag af tot oujaarsdag toe hou Hy ononderbroke sy oog daaroor.


Psa 16:5 Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af.


GOD STAAN IN ‘N VERHOUDING MET ALLES


Sondvloed:

Gen 8:1 Toe het God gedink aan Noag en aan al die wilde diere en die mak diere wat by hom in die ark was, en God het ‘n wind oor die aarde laat waai, en die waters het teruggetrek.


Gen 9:12 Toe het God gesê: "Dit is die teken van die verbond tussen My en julle en die wilde diere by julle, ‘n verbond wat vir alle toekomstige geslagte geld:

Gen 9:15 sal Ek dink aan my verbond met julle en al die wilde diere volgens hulle soorte. Daar sal nooit weer vloedwaters kom wat alle lewende wesens uitroei nie.


Uittog:

Eks 12:29 Om middernag het die Here elke eersgeborene van Egipte laat sterf, van die kroonprins af, die eersgeborene van die farao, tot by die eersgeborene van die krygsgevangene in die tronk, selfs die eerstelinge van die diere.


Ballingskap:

Jer 36:29 Jy moet vir koning Jojakim van Juda sê: So sê die Here: Jy het die boekrol verbrand en gevra: "Waarom het Jeremia daarop geskryf die koning van Babel sal kom en hierdie land verwoes en sy mense en diere in ballingskap wegvat?"


Nuwe tyd:

Ese 38:20 Die visse in die see, die voëls in die lug, die diere in die veld, al die diertjies wat op die grond rondkruip en al die mense in die land, sal voor My bewe. Die berge sal omgekeer word, die kranse sal inmekaarstort, die mure in die land sal omval.


Jona:

Jon 4:11 Maar Ek mag nie besorg wees oor die groot stad Nineve nie, ‘n stad waarin daar meer as honderd en twintig duisend mense is wat nie weet wat reg of verkeerd is nie, en ook nog baie diere?"


GOD BOU VEILIGHEIDSMEGANISMES IN


Deut 22:6 "Wanneer jy afkom op ‘n voëlnes in ‘n boom of op die grond, en daar is kleintjies of eiers in die nes en die wyfie sit daarop, mag jy nie die wyfie saam met die kleintjies vir jou vat nie.

7 Jy mag die kleintjies vir jou vat, maar jy moet die wyfie laat wegvlieg. Dan sal dit goed gaan met jou, en sal jy ‘n lang lewe hê.

 

Lev 25:6 (25:6-25:7) Dit moet vir julle ‘n jaar van algehele rus wees. Julle, julle slawe, julle slavinne, julle dagloners en die bywoners in julle land sowel as julle diere en die wild moet dan leef van wat die veld oplewer.


Lev 26:34 Wanneer die land dan verlate lê en julle in julle vyande se gebied is, sal die grond uiteindelik sy verdiende rusjare kry. Dan sal die land rus en die verlore sabbatsjare inhaal.

Lev 26:35 So lank as die land verlate is, sal dit die rus kry wat dit om die sewe jaar moes gehad het maar nooit gekry het toe julle dit bewoon het nie.


sabbat- en die jubeljaar; Lev 25:

38, 42 en 55.


GOD VERTROU DIE MENS DAARMEE (RENTMEESTERS)


Gen 1:26 Toe het God gesê: "Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip."

God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: "Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip."


In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die hemel as woonplek vir Homself. En die aarde as woonplek vir die mens. Die mens word na die beeld van God geskep. Hy word die taak gegee om die potensiaal wat God in sy skepping weggelê het, te ontgin. Om ekonomies besig te gaan wees. Sonde het egter God se goeie skepping binnegedring. En dit is verál in die ekonomiese sfeer dat die sonde in al sy felheid toeneem (Gen. 4:20-22). In sy ekonomiese arrogansie begin die mens vir homself ‘n stad bou, ’n eie naam maak (Gen. 11:4).


Spr 12:10 Die regverdige sorg goed vir sy diere, maar die goddeloses is wreed.


Elkeen van die + ses-en-‘n-half miljard mense op aarde veroorsaak gemiddeld 2kg afval per dag.


In Johannesburg byvoorbeeld word 80 ton vullis per dag van die strate verwyder.


Elkeen van ons gaan eendag verantwoording doen:

                      Die mense wat aan ons toevertou was

                      Die diere wat aan ons toevertrou was.

                      Die stukkie aarde...

                      Die bronne...


Video 1 


Gelykenis van die muntstukke (Mat 25:14)


Slot:

Ons erf nie die aarde van ouers nie;

ons leen dit by ons kinders.


ONS KAN ‘N VERSKIL MAAK

By die huis

Herwin, hergebruik en vermy oordadige verpakking.

Sorteer jou afval per bron: 'n organiese drom vir kompos en 'n papierdrom is ‘n maklike begin.

Verminder elektrisiteitsverbruik, sit apparate af as dit nie gebruik word nie.

Gebruik energiebesparende gloeilampe.

Verminder jou geiser se temperatuur na 50-60̊C.

Spaar water, gaan jou krane na vir lekasies.

Plaas 'n baksteen in jou toilet se spoelbak, dit spaar 7300 liter water per jaar.

Plant inheems.


By die skool

Stig 'n saamryklub of stap.

Ondersteun ‘n kultuur van herwinning en maak gebruik van . herwinningsdepot.

Plant 'n ‘waterwyse’ tuin.

Organiseer uitstappies met omgewingsbewaringstemas soos na 'n plaaslike reservaat.

Gee aandag aan dae met omgewingstemas, soos wêreld-vleilanddag, wêreld-waterdag, wêreld-

omgewingsdag, nasionale boomplantdag, nasionale marinedag.

Fotokopieer aan beide kante, dit spaar geld en papier.

Deel inligting oor loopbane in ekotoerisme, natuurbewaring, alternatiewe energiebronne.


By die werk

Skakel ligte en persoonlike rekenaars oornag af.

Gebruik veilige skoonmaakmiddels en verminder omgewingsbesoedeling.

Druk beide kante van 'n papier en herwin papier in elke kantoor.

Maak die onderste lyn groen: maak seker jou besigheid het 'n beleid van omgewingsvolhoubaarheid.

Belê in 'n groen toekoms.

Ondersteun 'n omgewingsopvoedingsprojek.


Met vakansie

Verminder petrolverbruik deur korrekte banddruk.

Gebruik 'n voertuig wat minder brandstof verbruik en minder gasse uitlaat.

Word ‘groen’ en koop 'n ‘wild card’, vir gratis toegang tot ons bewaringserfenis

Neem al jou gemors saam huis toe.

Koop wyne van plase wat deel vorm van die biodiversiteit- en wyn-inisiatief.

Kies jou vis reg; maak seker die vis wat jy wil eet, is nie bedreig nie - sms 079 499 8795 en kry dadelik antwoord van SASSI.

Moenie vure begin wat jy nie weer kan blus nie.