Vryheid: sit, staan, kniel

SUIDERKRUIS-GEMEENTE

OGGENDDIENS:Sondag 14 Sept 2008

TEMA: Die lewe is wonderlik!

LITURGIE

(MG=musiekgroep, TS=tegniese span)

WIE

WAT

DETAIL

T/S


 

Vooraf musiek

& afkondigings

Welkom

Nuwe intrekkers

Terreinplan

Kinderkerke

Jy’s nie meer slaaf nie....1535

padkos....padkos5

St5kamp...5kamp

Jean en tekkiediens...jean

Afkondig?

MG

5 minute vooraf

 

 

Liturg

Welkom & groet


Wie’s die oudste oupa/ouma in die kerk vandag?

Wie van julle het ‘n oupa of ouma wat nog leef?

Wie het ‘n wonderlike oupa of ouma gehad?

Wie het ‘n tannie of oom wat net soos ‘n oupa of ouma is?


Gedigte: Oupa en Ouma (Werner van Blommenstein)

Hallo Oupa...


Ons laaik jou kwaai

Jou hou mos, nes ons, van goeters wat lawaai

Slange en goggas, akkedisse, motors en trokke

Baie lekkerder as daai goeters by die skool met rokke

Hi Ouma...

Jou kos en soet goedjies

Baie lekkerder as ons juffrou se pouse koekies

Ouma, jou rooi goeters met pleisters

Maak alles beter, betterder as oom dokter met sy ding wat kyk of ons ore nog kan luister

Oupa, my pa sê jou hare is grys

Blykbaar van een of ander iets met wys

Ouma, Oupa sê jy laaik goggas en goeters onder jou kussing

Is dit hoekom jy gesê het ons moet met taai tonge in sy oor fluister?

Oupa, sorry vir al daai goeters wat ons laas gebreek het

Pa sê, as ons jou sê, gaan ons gate nie weet wat hul getref het

Ouma, sorry vir daai modder op jou mat

Taai sweets in jou bed en in jou bad

Soos van katjie botter en stroop na kaas en polonie op ons brood

So sê ma, word ons groot

Soos ‘n soen op die bek voor die skool se hek

Wat verander na ‘n vryf op die kuif as die girls kyk

Word ons groot… maar een ding bly dieselfde

Ons verstaan nie altyd die groot-mens goed wat julle vir ons sê

Maar ons weet, dis lekker om ‘n oupa en ouma soos julle te hê

welkom


oudste





0001





Liturg

Gebed

 

stilgebed

Liturg

Oproep tot lof

Ps 71:14-17

0003 (sound)

MG & Mooirivier Sanggroep

Lof

Ek weet verseker .. 717

As die lewenstorme woedend . . . . . . . . 629

HL444:1-2 “Wat ‘n vriend” ...1065

717:1-2

629:1-3

1065:1-2

 

Solo

1. Prys die Heer

2. He’s the One!

3. Tot in die ouderdom

0004

0005

0006

Liturg

Oproep tot aanbidding

C: Psalm 71:6

T: Psalm 71:9

C: Psalm 71:15

T: Psalm 71:18

C: Psalm 71:20

0007 (sound)

MG & Mooirivier Sanggroep

Aanbidding

Die Here is my herder . . . 691

Doen slegs U wil, Heer. . . 694

Halleluja, U is koning .. . 770

691 (2x)

694 (1-3)

770 (v1 2x) 

 

 

Record aan

Klank: Record

Ouderling

Voorbidding

Spreek Heer, spreek Heer . .. . 1002

Stilgebed

Liturg

Skriflesing

Pred 9:7-10

Skrif

Liturg

Preek

Wat is die sin van die lewe? Geniet die lewe!

Preek

Liturg

Gebed

 

Stilgebed

 

 

Record af

Klank: Stop Record

Diakens

Elsabe

Offergawe

Afkondings op bord

Die sin van my bestaan

Dankoffers-

afkondig

Liturg

Afkondigings

 

 

MG

Lied

‘n Bietjie meer tyd ... 921

Gaan dan heen .. . 762 

921

762

Liturg

Seën

 

 


Happies

Titel: My lewe is 'n pizza

Deur: Mrs T

 Druk hierdie happie

My lewe is soos ‘n pizza, elke dag met ‘n verskillende topping en altyd lekker deurmekaar. Partykeer is dit ‘n seafood pizza, ander kere ‘n ham, pynappel en kaas, met baie sous en rafel ek uit, soos die kaas as jy aan my hap en hap.


Die olywe is byvoorbeeld die klippe op my lewenspad. Die lewe bestaan uit keuses en elke keuse het ‘n nagevolg.


Keuse 1: Gryp die vurk en begin op ‘n punt, verwyder elke iedere olyf. Soms sal jy moet soek, onder die pynappel en kaas, soms sal die olyf in stukkies breek en moet jy maar geduldig stukkie vir stukkie verwyder. Daarna voel jy tevrede en kan jy jou pizza geniet, die hele een, sonder om bekommerd te wees oor olywe wat ‘n bitter smaak in jou mond gaan los.


Keuse 2: Eet al om die olywe en in die proses mis jy uit op al die lekker sous en kaas en mors jy meer as die helfde van jou pizza. Jy kan later selfs spyt wees omdat jy soveel geleenthede in die lewe misgeloop het, net omdat jy nie die kans wou waag nie.


Kyk dus elke dag jou probleme vierkantig in die oë. Wees positief, kyk wat jy kan verander en aanvaar as daar niks is wat jy daaraan kan doen nie. Poog om elke dag ‘n positiewe verskil in iemand se lewe te maak, al is dit net ‘n kompliment, ‘n glimlag of ‘n vriendelike wuif van die hand.


So help ons mekaar op ons reis deur die lewe...

 




Preekskets


Skrywer: Salomo

Soort geskrif

                      Lewe = lewe onder die son

                      “Alles kom tot niks” = 38x

                      Soort boek wat iemand aan einde van lewe skryf

                      Berou oor klomp dinge en besluite

                      Skryf Spreuke as ‘n wyse leermeester, Hooglied as toegewyde minnaar maar Prediker as “Prediker”

                      Hebreeus = Koheleth

                      Dui op die amptelike spreker van ‘n vergadering of byeenkoms

                      Elment van debatvoering

                      Besig om debat te voer met homself oor die sy lewe.

                      Boek Prediker maak nie aanspraak op woorde van die Here nie.

                      Eerder ‘n eerlike gesprek en redenasie met jouself.

                      Aanvanklik 3 argumente:

                                  niks het verander

                                  niks is nuut

                                  niks word verstaan nie

                      Gevolgtrekking: Die lewe is nie die moeite werd nie.

                                  Die lewe is vervelig

                                  Wysheid vergaan

                                  Rykdom vergaan

                                  Almal gaan dood

                      Slotsom:

                                  Die lewe is ‘n avontuur - geniet dit

                                  Die lewe is ‘n gawe - geniet dit

                                  Die lewe is ‘n skool - leer daaruit

                                  Die lewe is ‘n rentmeesterskap - vrees God.


Salomo se twee ontdekkings:

Die dood is seker

                      Oor en oor in die boek Prediker praat hy van die dood:

                                  stof

                                  ewige woning

                                  “die een wat na hom kom”

                                  “‘n tyd om te sterwe”

                                  “doodgaan” - asem boontoe of ondertoe?

                                  “almal gaan na dieselfde plek toe”

                                  “goue kruik stukkend breek”

                                  “wiel by die put stukkend val”

                                  “stof na die aarde toe terugkeer”

                      Het julle agtergekom hoe baie hoor ons van die dood?

                                  Hierdie week: 11 Sept - 3000 mense dood

                                  Orkaan Aik - soveel mense dood.

                                  Geweld aan die Rand - soveel mense dood.

                                  Ongeluk op die een van die hoofroetes - soveel mense dood.

                                  Oom Martin se broer hierdie week oorlede.

                                  Een van die meisies wat saam Tersia in die skool was hierdie week oorlede.

                                  Dis net dood...dood...dood

                      Wat sê dit vir ons?

                                  Die dood is nie ‘n oumensding nie.

                                  Dit gebeur elke dag.

                                  Dit gebeur met almal.

                      Dis nie vir ons lekker om daaraan te dink nie - daarom gebruik ons eufenismes:

                                  “tydelike met die ewige verwissel”

                                  “weggegaan”

                                  “afgesterwe”

                                  “na die Here toe”

                      Maak nie saak watter woorde ons gebruik nie- dis ‘n realiteit!

                                  Nie deel van die lewe - dit beeindig lewe!!

                                  Dood is ‘n indringer.

                                  Dood is ‘n vyand.

                                  Dood is sleg!

                      Prediker sê selfs ‘n lewe op sy laagtepunt is beter as om dood te wees.

                                  Pred 9:4-6 “Solank jy onder die lewendes is, het jy hoop. ‘n Hond wat lewe, is beter as ‘n leeu wat dood is. Dié wat lewe, weet hulle sal doodgaan, maar die dooies weet niks; daar wag vir hulle niks meer nie, hulle is vergeet; dit is klaar met hulle liefde, hulle haat en hulle hartstog. Hulle sal nooit weer deel hê aan wat in hierdie wêreld gebeur nie.”


Die lewe is onseker (9:7-12)

                      Jy weet nie hoe lank gaan jy hier wees nie.

                                  Lewe soos Monopoly

                                  Op ‘n dag word alles in ‘n boksie gegooi en “game over”

                      Daarom: Geniet elke dag voluit!!

                      5 woorde: gaan, eet, drink, geniet, doen

                      Lewe is kort: gaan geniet dit voluit!


Eet dus jou brood met vreugde, drink jou wyn met ‘n bly gemoed;(9:7)

                      Pred 2:24 Dit is nie aan die mens self te danke dat hy kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet nie. Ek het ingesien dat dit ‘n gawe uit die hand van God is.

                      Melgisedek bring brood en wyn (Gen 14:18)

                      Isai stuur brood, sak wyn en ‘n bokkie na Saul (1Sam 16:20)

                      Brood en wyn = tekens van oorvloed / vreugde/ partyjie

                      Tekens dat God sorg.

                      Prediker sê: geniet die maniere waarop God sorg in jou lewe.

                      Spandeer tyd om die dinge te geniet wat God jou gegee het.

                      Maak tyd om rustig te eet en te kuier saam familie.

                      Interessant hoeveel tyd Jesus aan tafel spandeer het.


Want: God het lankal reeds goedgekeur wat jy doen.

                      God wil hê dat jy dit moet geniet!

                      God keur dit goed!

                      Nuwe Testament: Jesus het ons kom versoen met God

                      Ons is reeds goedgekeur

                      Daarom kan ons feesvier en die lewe geniet.


Dra altyd wit klere, versorg jou hare met olie.

                      Bybeltyd: Rou - swart klere - as op hulle koppe

                                  Kan iemand wat rou ver uitken: swart klere, dowwe as-hare

                      Opdrag: Dra altyd wit klere - olie op julle hare

                      Moenie lyk soos mense wat rou nie.

                      Julle moet net mooi anders lyk as mense wat rou!!

                      Olie: soos deodorant / aftershave / cologne - lekker ruik

                      Ons lyk baie keer soos mense wat rou

                                  Nog meer: ons lyk soos begrafnisondernemers

                                  Nee!!!

                                  Ons moet feesklere aantrak!

                                  Ons hare moet shine!

                                  Ons moet lekker ruik!

                                  Hoekom? Want die lewe is lekker!!

                      Miskien sê jy: ek kan nie feesvier nie - ek kan enige oomblik doodgaan.

                                  Juis daarom moet jy feesvier!


Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet

                      Salomo: man in die Bybel met die meeste vroue!

                      Aan einde van lewe: Geniet die lewe met die VROU (enkelvoud) wat jy liefhet.

                      Les: Al hierdie vrouens en troues en alles maak ‘n mens nie gelukkig nie

                      Wat ‘n mens gelukkig maak: tyd saam met die persoon wat jy regtig liefhet.

                      Glynn Wolfe died alone in Los Angeles at the age of 88. No one came to claim his body; the city paid to have him buried in an unmarked grave. This is sad, but not unusual. It happens all too often in large cities where people tend to live disenfranchised lives. Glynn’s situation was unique, however, because he was no ordinary man. He held a world record. The Guinness Book listed him as the Most Married Man, with 29 marriages to his credit. This means 29 times he was asked, “Do you take this woman to be your lawfully wedded wife…forsaking all others, do you pledge yourself only to her, so long as you both shall live?” Twenty-nine times Glynn Wolf said, “I do,” but it never quite worked out that way. He left behind several children, grand-children, great grand-children, a number of living ex-wives, and innumerable ex-in-laws—and still, he died alone. He spent his entire adult life looking for something he apparently never found—and he died alone. (Uit Bible.org Living while you’re living)

                      “There is an ancient quote from The Talmud—a commentary on Jewish law—that states, “A man should eat and drink beneath his means, clothe himself within his means, and honor his wife above his means.” (Uit Bible.org Living while you’re living)


Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen

                      Op 80: Jou lewe op aarde is ongeveer 700 000 ure lank.

                      230 000 ure slaap

                      56 000 ure werk

                      11 000 ure skool

                      400 000 ure oor.

                                  Kuierby vriende

                                  Spandeer tyd aan jou familie

                                  Doen sport

                                  Kies ‘n stokperdjie

                                  Toer die wêreld

                                  skryf briewe

                                  Besoek ‘n goeie koffieshop

                      Geniet jou lewe!!

                      Verskoning: Ek is nou al te oud!

                                  Martin Sherwood skryf: Name van 400 bekendste mense van alle tye gekies (staatsmanne, digters, skilders, komponiste ens).

                                  35% van die wêreld se prestasies is behaal deur mense tussen 60-70.

                                  23% tussen 70-80.

                                  6% bo 80.

                                  Dus:64% van wêreld se grootste prestasies is behaal deur mense bo 60.

 

Iemand het geskryf: Om te sterf is niks. Die dwaas kan dit ook doen. Maar om sinvol te leef - dit is genade van God. Dit is die kuns. Dit is die heerlikheid!


Victor Frankl: Die groot vraag is nie watter sin die lewe vir my het nie, maar watter sin ek daaraan kan gee.”


Slot: As ek my lewe kon oor hê (Anoniem) - p515 in die Groot boek van Illustrasies).