BAIE WELKOM BY COENIECALITZ.COM

Hierdie webblad is bedoel as 'n hulpmiddel vir liturge in hulle groot werk en roeping om elke Sondag die Evangelie vars en nuut aan te bied. Ons almal leer bymekaar. Hier is 'n klein stukkie van my (gebroke) werk en passie...

Ek is leraar in Suiderkruis Gemeente (Potchefstroom) en stigter van Visualpraise oudiovisuele sagteware. My passie is liturgie en veral die rol en plek van sang en musiek in die liturgie. Ek is deeltyds verbonde aan die NWU Puk by Praktiese Teologie en doen navorsing binne die liturgie.

Kontak my gerus by:

Epos: coenie@coeniecalitz.com

Pos: Posbus 5539 Kockspark 2523

wat is beskikbaar?

Die volgende hulpmiddels is op hierdie blad beskikbaar:

  • Preke en liturgiëe: uittreksels uit preke en liturgiëe van die afgelope jare. Sommige is meer volledig; ander baie onvolledig. Dalk help my verstaan van 'n teks jou in jou verstaan van die teks...
  • Oudio-visuele hulpmiddels: Allerlei hulpmiddels vir gebruik in eredienste...
  • Sang en musiek: Hulpmiddels vir sang en musiek
  • Web & toep's: Skepping van webblaaie en toepassings vir gebruik in gemeentes
  • Opleiding & toerusting: Nooi ons gerus vir 'n opleidingsessie of -naweek in u gemeente.
  • Artikels: Akademiese artikels oor liturgie, sang en musiek